Call Us: 013 249 8900
Feeds:
Eggs:
Beefmasters:
Petroport:

Welcome to Alzu Petroport

Situated halfway between Middelburg and Belfast, exactly 35km from both, the Alzu Petroport is a convenient stop-over for the traveller, a comfortable rest-haven for the tourist and a trucker's dream-stop.

About Us

Situated halfway between Middelburg and Belfast, exactly 35km from both, the Alzu Petroport is a convenient stop-over for the traveller, a comfortable rest-haven for the tourist and a trucker's dream-stop.

The single most important reason for anyone to stop at Alzu Petroport, possibly is for the fantastic restrooms. Yes, really! These restrooms do not only deliver extremely well on the basics, but also speaks to aesthetic eye. Overlooking the game enclosure containing 6 rhino, fifty buffalo and a host of eland, blesbok, ostriches and even an emu or two.

Why would you stop here? Quite simply because this is a 'quick stop' not to miss.

Meer oor ons: Oase van wild en winkels

Waar in die wye wêreld kan jy sit en wafels eet terwyl renosters en buffels net 'n hanetreetjie verder rondstap? Op geen ander plek as by die Alzu Petroport op die N4 nie!

Die tweede fase van die Alzu Petroport is voltooi en dit is geen wonder nie dat hulle nou al tot 600 000 mense per maand trek by hierdie oase van wild, winkels en genoeg parkering langs 'n hoofroete!Hierdie fase spog onder andere met 'n splinternuwe Nando's – die eerste Nando's op 'n nasionale roete.

Wat ons Nando's uniek maak, is dat die hele restaurant aanpas by die wildtema met hout en aardse kleure. Teen die muur is 'n kunswerk met 'n renosterkoei en haar kalfie wat in die natuur stap. Die renosters is gemaak uit mosaïek wat stukkie vir stukkie saamgestel is deur leerlinge van Laerskool Rietkuil ('n skool in die omgewing). Die agtergrond is 'n voorstelling van Berg-en-Dal (in die Nasionele Krugerwildtuin). Hierdie kunswerkprojek is bestuur deur Art Afrique.

Reg voor die ingang van Nando's staan 'n lewensgroot brons renoster om aan te pas by die renoster-tema by die Alzu Petro Port. Die welbekende beeldhouer, Vincent da Silva (van Stellenbosch) het die renoster gebou en die brons gietwerk kom vanaf die Bronze Edition Smeltery (ook van Stellenbosch). Volgens die Petro Port bestuurder, Johan van Rensburg, word alle fondse wat ingesamel word gestuur vir DNA navorsing en 'n databasis van renosters wêreldwyd. Alzu en die Universiteit van Pretoria het hande gevat om geld in te samel vir hierdie projekte. Langs Nando's is die gewilde Sausage Saloon wat bekend is vir sy verskillende uitsoek worssoorte. Veral die "Monster Manhattan" is 'n hoogtepunt vir buitelandse toeriste .

Stap 'n mens af met die trappies, is dit weer die aardse kleure en hout wat jou laat voel of jy iewers op 'n wildsplaas kuier. Die Waffle Café is die eerste van sy soort en is self ontwikkel deur die span van Alzu en bekende sjef Pieter Malan. Hierdie is nie maar net nóg wafels met iets lekkers op nie. Die wafels, met soet of sout vulsels, word voorberei en gegarneer vir die fynproewer.

As die innerlike verfris is met 'n koppie geurige koffie en wafels, stap 'n mens aan na Country & Outdoor, ook 'n winkel wat deur Alzu se span begin is. Country & Outdoor is spesiaal só ontwerp dat die persoon wat onderweg is op 'n uitstappie na die Laeveld en moontlik iets vergeet het, dit sommer maklik in die hande kan kry, aangesien buitelewe klerasie en toerusting beskikbaar is. Dit sluit alles van flitse tot kamptoerusting in. Hul klerereekse sluit in: First Ascent, Columbia (veral vir hengelaars), Details of Africa, Drimac, Sniper en die Alzu reeks (spesifiek vir deelname aan die Tour de Farm en Rhino Run). Bekende skoenhandelsname, Salomon en Merrel, is ook op die rakke beskikbaar. As openingsaanbod het die bestuurders van Country & Outdoor besluit om 10% afslag te gee op alle produkte en 25% afslag op alle Salomon drafskoene vir Middelburgers wat die advertensie met bypassende berig uit die Observer vir hulle bring! By die Country en Outdoor is daar ook kunswerke van plaaslike kunstenaar, Danie Smith, te koop. Buitelanders kan juwele, eie aan Suid-Afrika, hier aanskaf.

Met die bou van die tweede fase, is daar sommer ook 'n paar veranderings by die eerste fase aangebring. Die Appaloosa Spur is vergroot met nog 40 sitplekke en die kinderspeelarea sal binne die volgende drie weke spog met 'n ses en 'n half meter hoë glybaan wat die grootste van sy soort in Mpumalanga sal wees! Soos elke persoon weet wat al voorheen by die Alzu Pertro Port gestop het, is dit hul wildlewe wat bydra tot die rustige atmosfeer. Vanuit elke restaurant, besigheid en die netjiese badkamers, kyk 'n mens uit op die wildsplaas wat wemel van renosters, buffels, elande, kwaggas, volstruise, emu's, waterbokke, springbokke, rooihartbeeste en blesbokke. Besoekers kan ook in die amfiteater gaan sit om na die diere te kyk.

© 2014. «Alzu Enterprises». All right reserved. Website Designed by Carolyn & Company